Oorwinning Deur Gebed (Sagteband)

    Oorwinning Deur Gebed (Sagteband)

    Mark I Bubeck
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R189.95

    Word deel van die geestelike stryd wat om jou woed en staan vas in die oorwinning wat reeds behaal is.

    Jy weet daar woed ’n geveg, maar weet jy hoe om tot die stryd toe te tree?

    Hierdie onontbeerlike gids tot geestelike oorlogvoering deur Mark Bubeck bevat ’n unieke kombinasie van persoonlike verhale en Bybelse wysheid. As ’n veteraan-gebedskryger deel hy sy taktiek vir oorwinning, asook ’n opregte begeerte vir jou geestelike welstand.

    Oorwinning deur gebed sal jou wys hoe om

    • In ware eenheid met Christus te leef
    • Met die Heilige Gees vervul te word
    • Die volle wapenrusting van God aan te trek
    • Kragtig te bid te midde van geestelike oorlogvoering
    • Ander te help om sterk te staan in hulle geloof

    Jy hoef nie ’n slagoffer te word van die aanvalle van Satan nie, jy kan vas en seker staan in die wete dat die oorwinning reeds behaal is.

    Oor die outeur

    Mark I. Bubeck is die stigter en emeritus-president van ICBC, Inc, deesdae bekend as Deeper Walk International. Hy het gegradueer aan die Moody Bible Institute en sy DMin aan die Talbot Theological Seminary verwerf, hy het ook ’n diploma in teologie van die Denver Conservative Baptist Seminary. Hy was vir meer as veertig jaar ’n leraar en die outeur van verskeie topverkoper-boeke.