Oorvloedige Liefde Grootdruk (Hardeband)

    Oorvloedige Liefde Grootdruk (Hardeband)

    Nina Smit
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R249.94

    365 dagstukkies deur die immergewilde Nina Smit wat jou sal help om God se liefde in oorvloed te ervaar.

     

    Oorvloedige Liefde – Grootdruk bevat 365 dagstukkies deur die immergewilde Nina Smit wat jou sal help om die lewe en God se liefde in oorvloed te ervaar. Nina bespreek verskeie eienskappe wat deel van ‘n gelowige se lewe behoort uit te maak. Hierdie dagstukkies sal jou bemoedig, krag gee vir die dag wat voorlê en aanspoor om die vreugde van Christenwees te beleef. Ervaar saam met haar 365 dae van God se onbegrensde liefde.

         Die jaar se temas is:

    ·         Januarie – Vertroue

    ·         Februarie – Blydskap

    ·         Maart – Beskerming

    ·         April – Geloof

    ·         Mei – Troos

    ·         Junie – Dankbaarheid

    ·         Julie – Liefde

    ·         Augustus – Vrede

    ·         September – Hoop

    ·         Oktober – Genade

    ·         November – Barmhartigheid

    ·         Desember – Heiligheid

         “Die Here belowe vir jou, soos vir Israel destyds, heuning uit ‘n rots, oorvloed en rykdom. Hy wil jou vandag nog beskerm en bewaar en alles wat jy nodig het vir jou in oorvloed gee, skryf Nina.

     

    Oor die Outeur

     

    Nina Smit is bekend vir haar talle dagboeke, kinderboeke en boeke vir vroue oor verskeie onderwerpe. Haar jongste publikasies sluit in Beloftes vir Ma’s, Genade vir vandag, Omvou my met u liefde, Here-grootdruk, Leef in sy lig, Leef as oorwinnaar, God sorg vir jou en Wanneer vreugde my ontwyk. Sy is die ma van drie volwasse kinders en woon in Somerset-Wes.