Onwankelbare Hoop (Sagteband)

    Onwankelbare Hoop (Sagteband)

    Max Lucado
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R129.95

    Die kontras tussen die rabbi en die koning was skril. Die Jood was oud en krom. Hy het geen liggaamlike voordeel gehad nie. Ná twee jaar in die tronk was hy uitgeteer, sy wange hol en gevlek. Sy beursie het net ’n paar muntstukke ingehad en sy gevolg het net uit ’n paar vriende bestaan. Sy kop was bles. Sy baard was vol, maar grys. Hy het die eenvoudige mantel van ’n leermeester gedra, ’n rondreisende leermeester. In vergelyking met die koning was hy eenvoudig en armoedig. Maar in vergelyking met die koning is die meeste mense eenvoudig en armoedig. Koning Agrippa het daardie dag die hof met groot praal binnegekom. Hy en sy suster was geklee in purper. Lede van die Romeinse legioen het hulle gevolg. Agrippa was die aangewese leier, die kurator van godsdiens en die opsiener van die area.

    Daarenteen was Paulus ’n eenvoudige sendeling. Hy het alle rede gehad om die oordeel van die monarg te vrees. Die koning was die nuutste in die Herodes-dinastie, die laaste van die Herodesse wat sou inmeng in Christus en sy volgelinge. Sy oupagrootjie het probeer om Jesus as baba dood te maak deur die kinders van Betlehem te vermoor. Sy grootoom het Johannes die Doper vermoor, en sy pa, Agrippa I, het Jakobus tereggestel en Petrus in hegtenis geneem.

    ’n Mens kan sê dat hulle hul mes in gehad het vir die mense in Jesus se kring. En nou staan Paulus voor hom. Hy was in die tronk en in die moeilikheid omdat hy ’n nuwe godsdiens verkondig het. Hoe sou die apostel homself verdedig? Pleit om genade? Vra vir ’n wonderwerk? Hoe sou Paulus sy saak stel in wat bes moontlik die belangrikste toespraak van sy lewe sou wees? Ná ’n kort inleiding het hy gesê: “En nou staan ek tereg oor my hoop op die belofte aan ons vaders, ’n belofte wat deur God self gegee is” (Hand. 26:6).

    Paulus se verdediging het geen verwysing na sy prestasies ingesluit nie. (“Ek is daarvoor bekend dat ek iemand uit die dood opgewek het, weet jy.”) Hy het geen voorkeurbehandeling geëis nie (“Ek is immers ook ’n Romeinse burger, nes jy.”) Hy het nie sy optrede probeer regverdig nie. (“Ek was maar net ontvanklik.”) Niks van daardie aard nie.