'N Ontmoeting Met Jesus (Hardeband)

    'N Ontmoeting Met Jesus (Hardeband)

    Victor Kuligin
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R249.95

    Ondersoek 18 ontmoetings wat mense se reaksies op Jesus weerspieël.

     Wat doen mense wanneer hulle met Jesus gekonfronteer word? Ignoreer hulle Hom geheel en al, of verwelkom hulle Hom en erken Hom vir wie Hy is?

    Baie mense reageer vandag op dieselfde manier as die mense in die Bybel. Sommige is heimlik nuuskierig, soos Nikodemus. Terwyl ander dadelik met vreugde gevul word en die evangelie begin deel, soos die Samaritaanse vrou. Sommige, soos Judas, word lank aan Jesus blootgestel, maar laat dan steeds toe dat hulle wêreldse begeertes enige ware werke van die Heilige Gees in hulle hart verdring.

    In ’n Ontmoeting met Jesus ondersoek Victor Kuligin 18 ontmoetings wat mense se reaksie op Jesus beskryf en ons telkens iets anders oor Jesus leer. Aan die einde sal jy ’n goeie perspektief hê op Jesus die profeet, die priester, Koning, Seun van die Mens, Seun van God en nog ander.

    Die boek word pragtig afgerond met kunswerke deur die bekende kunstenaar Gustave Doré.

    Ook beskikbaar in Engels onder die titels Meeting Jesus.

    Oor die outeur

    Dr. Victor Kuligin (DTh, Universiteit van Stellenbosch) is ’n senior dosent by die Bybelinstituut van Suid-Afrika in Kaapstad waar hy ook as Dekaan van Akademie dien. Hy het voorheen 14 jaar sendingwerk ge­doen in Namibië waar hy by die Namibia Evangelical Theological Seminary klasge­gee het. Hy is ’n outeur, internasionale spreker en gas­dosent in lande soos Indië, Bulgarye, Soedan, Etiopië en Rwanda.