Ons Twee Saam (Sagteband)

    Ons Twee Saam (Sagteband)

    Angus Buchan
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R129.95

    R103.96

    Goddelike wysheid en bemoediging wat huweliksmaats sal inspireer om ’n huwelik te bou wat ’n leeftyd sal duur.

     

    Nou in sagteband!Ons twee saam is die eerste boek deur die bekende skrywer en evangelis Angus Buchan wat spesi­fiek vir paartjies geskryf is. Angus deel sy perspektief op die huwelik en hoe om hierdie Godgegewe seë­ning te waardeer en te beskerm – iets wat hy al meer as 40 jaar saam met sy vrou, Jill, doen.

    Onderwerpe wat bespreek word, sluit in die kuns van hoflikheid, konflikhantering, bestuur van finan­sies, respek vir jou huweliksmaat, hoe om jou kinders groot te maak, dissipline in die huis, om ’n goeie voorbeeld te stel en om tyd saam met mekaar deur te bring.

    In Ons twee saam sal lesers goddelike wys­heid en bemoediging vind wat hulle sal inspireer om hul­le huweliksmaat te waardeer en om aan ’n huwelik te werk wat ’n leeftyd sal duur.

     

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel My Best Friend.

     

    Oor die outeur

     

    Angus Buchan het die roeping ervaar om die evangelie te verkondig, en in 1980 stig hy Shalom Ministries in Suid-Afrika. Hy skryf, neem TV-boodskappe op en reis om die woord van God aan mense wêreldwyd te bring. Hy is voltyds evangelis en ’n gewilde spreker. Angus en sy vrou, Jill, bly op die plaas Shalom in die KwaZulu-Natalse Middelland.