Ongetemde Hart/Jy Is Bekoorlik Omnibus (Sagteband)

    Ongetemde Hart/Jy Is Bekoorlik Omnibus (Sagteband)

    John Eldredge & Stasi Eldredge
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R199.94

    R159.95

    God se hart oor man-en vrouwees beskryf.

    Die twee topverkoperboeke wat God se hart oor man- en vrouwees beskryf, Die ongetemde hart deur John Eldredge en Jy is bekoorlik deur John en Stasi Eldredge, is nou vir die eerste keer in Afrikaans in een volume beskikbaar.

    Die ongetemde hart is sonder twyfel die belangrikste boek vir Christenmans wat die afgelope dekade verskyn het. Sedert die verskyning van Wild at Heart in 2002 en Wild at Heart (revised edition) in 2011, is daar al ver oor ’n miljoen eksemplare verkoop.

    John Eldredge hou ’n totaal nuwe benadering tot manwees voor. Hy skryf nie ideale gedragspatrone vir Christenmans voor nie, maar nooi hulle op ’n verkenningstog om hulle Godgegewe, ongetemde aard te ontdek.

    In Jy is bekoorlik wys John en Stasi Eldredge waarvoor God die vrou oorspronklik geskep het, en hoe haar hart herstel kan word om die vryheid, krag en skoonheid te beleef wat vir haar bestem is. Hulle kyk ook na die drie begeertes van ’n vrou: ’n avontuur

                        om te deel

                        om mooi te wees

                        om bemin te word.

    Oor die Outeur

    John Eldredge is die skrywer van topverkopers soos The Sacred Romance (saam met Brent Curtis), Waking the Dead en Journey of Desire. Hy is die stigter-direkteur van Ransomed Heart Ministries en het voorheen as spreker en skrywer gedien by Focus on the Family. Hy het ’n MA-graad in Berading en ’n graad in Teaterkunde.

    Stasi Eldredge staan aan die hoof van die vrouebediening van Ransomed Heart Ministries en het ’n passie dat vroue hulle identiteit as Christus se geliefdes sal ontdek. Sy is getroud met John, en die egpaar het drie seuns.