Onblusbare Liefde (Sagteband)

    Onblusbare Liefde (Sagteband)

    Gretha Wiid
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Release February 2018
    R199.94

    Wou jy nog altyd getrou het omdat jy net wou baklei en elke dag daaraan dink om te skei?

         Het jy gedink julle liefde is onblusbaar?

         Jy trou nie met die plan om te misluk of oor vyf jaar met ‘n nuwe huwelik te begin nie. Maar, nou is julle huwelik vaal en sonder passie.

         Miskien is jou huwelik nie ‘n ongelukkige een nie, maar jy sal enige iets doen om net weer die ou vonk te kan ervaar, om jou beste pêl by jou te hê.

    ·         Veroorsaak seks, skoonouers, geld en kinders issues?

    ·         Voel dit of julle nie meer in touch is met mekaar nie?

    ·         Is julle vasgeval in alledaagsheid, ‘n gejaag en roetine?

    ·         Luister julle regtig na mekaar wanneer julle vassit?

    ·         Is daar verwyte en seer in julle huwelik wat julle terughou?

         Met Onblusbare Liefde in jou hand is jy een tree nader aan ‘n super gelukkige huwelik met woema. Werk die handleiding in 52 weke deur om te verseker jy het liefde wat vir ewig hou!