Onbeskryflik (Hardeband)

    Onbeskryflik (Hardeband)

    Louie Giglio
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Release November 2017
    R179.95

    Onbeskryflik: 100 dagstukkies oor God en wetenskap sal leergierige kinders aangryp en hulle wys God se ontwerpplan is regtig wonderlik. In hierdie dagstukkies nooi bekende pastor Louis Giglio kinders om te dink oor die dinge in ons alledaagse lewe. Temas wat gedek word sluit in: die Aarde, die buitenste ruim, die menslike liggaam, diere en die weer.

         Die boekie is vol prettige kleurillustrasies asook foto’s wat die skoonheid vasvang van die wêreld waarin ons leef. Dit beloof om kinders se begrip van die heelal uit te daag, maar steeds hul geloof in ons Skepper-God te versterk. Elke dagstukkie bevat ’n wetenskaplike gedeelte met interessante feite en eksperimente wat die kinders self of saam met hul ouers kan doen, asook ’n gepaste Bybelvers en gebed.

     

    Oor die Outeur

     

    Louie Giglio is die pastor van Passion City Church in Atlanta, Georgia, en stigter van Passion Conferences, ’n wêreldwye beweging van jongmense wat hulle lewe wei om Jesus te verheerlik. Louis is ’n dinamiese en doeltreffende kommunikeerder met ’n graad van die Southwestern Baptist Theological Seminary. Ander boeke deur Louie, is The Air I breathe, I Am Not But I Know I Am, en Goliath Must Fall. Onbeskryflik is sy eerste kinderboek. Hy en sy vrou, Shelley, woon in Atlanta.