(On)natuurlike Ma (Sagteband)

    (On)natuurlike Ma (Sagteband)

    Hettie Brittz
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R190.00

    (on)Natuurlike Ma gee jou toestemming om 'n unieke ma te wees, en ontgin jou Godgegewe sterkpunte in elke fase van moederskap 

     (on)Natuurlike Ma - waarom jy die perfekte ma vir jou kinders is, is die boek wat die las van 7 moederskapmites van elke ma se skouers aftel en 'n sagte spieël voor haar neersit waarin sy haar beste eienskappe ontdek. Sy voltooi ‘n aanlynprofiel om haar ouerskappersoonlikheid te bepaal en word genooi om 'n dag in die lewe van 'n ma soos sy deur te bring. Sy verstaan uiteindelik haar unieke hantering van swangerskap, die babajare, kleuterjare, skooljare, tienerjare en selfs daarna tot in haar oumadae. Sy ontdek die karaktereienskappe van God wat sy die beste vir haar kinders voorleef en kry selfs ‘n lysie wenke in die hand vir haar man en kinders om haar beter te verstaan. Sy kan van (on)Natuurlik tot (bo)Natuurlik groei deur sewe waarhede van Christenmawees saam met vroue uit die Bybel en van vandag deel te maak van haar reis.

     Oor die Outeur

     Hettie Brittz is getroud met Louis, en hulle het drie kinders. Sy is die stigter van Immergroen Ouerskap en Tall Trees Profiles, wat leierskapontwikkeling en verhoudingsgroei in gesinne, gemeentes, besighede en skole aanbied. As motiveringspreker het sy gereelde optredes, radiopraatjies en TV-insetsels oor ouerskap en skooldissipline.