Om Weer Te Droom (Sagteband)

    Om Weer Te Droom (Sagteband)

    Elsa Winckler
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R169.95

    Lizet en Stephen moet beide opnuut hulle eie drome ontdek voor hulle lewe weer sin kan maak.

    Wanneer hulle haar vermoorde suster se woonstel opruim, ontdek Lizet Vos Marina se bucket list. En van toe af probeer sy om alles te doen wat op dié lysie is, al is al die gewaagde, gevaarlike dinge eintlik heel teen haar aard. Haar droom om eendag te trou en kinders te hê, skuif sy ver agtertoe. Totdat haar broer Evan se lewe met Anya Breedt verstrengel raak en Anya se broer, Stephen, en sy dogtertjie, Soekie, deel word van familiekuiers.

    Stephen se lewe het mooi volgens plan verloop. Hy het die groot stap geneem om sy eie platemaatskappy te begin, ’n jarelange droom, maar toe word sy vrou siek en voor hy kan asemskep, is sy weg en sy lewe heeltemal omver gewerp. En terwyl hy spartel om al die balle in die lug te hou, word die Vos-familie deel van sy gesin se lewe en begin Lizet Vos met haar donker hare en blou oë hom hinder. Om alles te kroon, is Soekie vanjaar in haar klas. Hy vermy enige besoek aan die skool, maar hy kan nie die uitnodiging om klasbesoek te doen na ses maande, ignoreer nie. Hy wil hom nog vererg vir Lizet, maar dan wys sy vir hom die tekening wat Soekie gemaak het.

    Om weer te droom is die tweede roman in ’n reeks uit die pen van Elsa Winckler en bou voort op die verhaal in Ware Noord.