Om Vry Te Wees (1 Vernuwing-Reeks)(Sagteband)

    Om Vry Te Wees (1 Vernuwing-Reeks)(Sagteband)

    Karen Kingsbury & Gary Smalley
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R109.95

    R87.96

    Hulle verhouding was hooploos, maar sal dit oorleef as liefde ’n keuse is?

     Wanneer Kari Baxter Jacobs ontdek dat haar man, Tim, ’n gerespekteerde professor in joernalistiek, ’n buite-egtelike verhouding het met een van sy studente en ’n egskeiding wil hê, is sy woedend, seergemaak en verward. Sy keer terug na haar ouerhuis om dinge uit te sorteer. Daar besluit sy dat sy haar man steeds sal liefhê en getrou sal bly aan haar huwelik, ongeag wat dit van haar vra. Maar wanneer ’n ou liefde opdaag, raak sy net nog meer verward.

         Om vry te wees is die eerste boek in die Vernuwing-reeks wat Karen Kingsbury saam met Gary Smalley geskryf het. Hierdie boeke wys hoe God skynbaar hooplose verhoudings kan red en illustreer ook ’n kernboodskap: Liefde is ’n keuse.

    Oor  die outeurs

    Karen Kingsbury, New York Times-topverkoper-outeur, is een van Amerika se gunsteling inspirerende fiksie-skry­wers. Daar is meer as 25 miljoen ek­semplare van haar bekroonde boeke in druk. Haar laaste 12 boeke het almal die nommereen-posisie op top­verkoper­­-lyste bereik en baie van haar boeke word verwerk in flieks vir die klein- en groot­skerm. Karen is ’n assistent-professor in skryfkuns aan die Liberty University. Sy woon in Tennessee saam met haar man, Don. Hulle het een dogter en vyf seuns, waarvan drie uit Haïti aangeneem is.

    Gary Smalley (1940-2016) was ’n ge­sins­berader en stigter en president van die Smalley Relationship Center. Hy was een van Amerika se bekende sprekers en skrywers oor familiever­houdings.