Om Te Onthou (2 Vernuwing-Reeks)(Sagteband)

    Om Te Onthou (2 Vernuwing-Reeks)(Sagteband)

    Karen Kingsbury & Gary Smalley
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R109.95

    R87.96

    Tragedie en genesing. Seerkry en vergifnis. En onvergeetlike lesse oor die krag van herinneringe.

     

    Ashley Baxter het haar hart gesluit vir liefde omdat sy oortuig is niemand, insluitende God, kan haar liefhê nie. Vier on­waar­skynlike mense – Alzheimer-pasiënte – dring onbewustelik tot haar deur en help haar om te onthou.

    Dan gebeur die tragedie van 11 September, wat elkeen in die Baxter-familie se lewe vir ewig ver­an­der. Hulle word gelei om die belangrike dinge in die lewe te onthou en besluite te neem wat hart­ver­skeurend en hoopvol is.

    Landon Blake het Ashley al van sy tienerjare af lief. Ná die aanvalle van 11 September probeer hy die pyn van haar verwerping verlig deur te help met die reddings- en opruimingspogings in New York.

    Om te onthou is die tweede boek in die baie ge­wilde Vernuwing-reeks.

    Oor  die outeurs

    Karen Kingsbury, New York Times-topverkoper-outeur, is een van Amerika se gunsteling inspirerende fiksie-skry­wers. Daar is meer as 25 miljoen ek­semplare van haar bekroonde boeke in druk. Haar laaste 12 boeke het almal die nommereen-posisie op top­verkoper­­-lyste bereik en baie van haar boeke word verwerk in flieks vir die klein- en groot­skerm. Karen is ’n assistent-professor in skryfkuns aan die Liberty University. Sy woon in Tennessee saam met haar man, Don. Hulle het een dogter en vyf seuns, waarvan drie uit Haïti aangeneem is.

    Gary Smalley (1940-2016) was ’n ge­sins­berader en stigter en president van die Smalley Relationship Center. Hy was een van Amerika se bekende sprekers en skrywers oor familiever­houdings