Om Seuns Groot Te Maak (Sagteband)

    Om Seuns Groot Te Maak (Sagteband)

    James C Dobson
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R139.95

    R111.96

    Praktiese raak en aanmoediging vir dié wat help bou aan die volgende generasie mans.

     

    Met soveel verwarring oor die man se rol in ons he­den­daagse samelewing is dit geen wonder nie dat so baie ouers en onderwysers met hulle hande in die hare sit as dit by die grootmaak van seuns kom. Ons kultuur het manlik­heid van sy eer beroof en as gevolg daarvan moet seuns aan die kortste ent trek. ’n Hele geslag seuns is besig om groot te word sonder ’n duidelike beeld van wat dit beteken om ’n man te wees. Maar daar is hoop!

    Om seuns groot te maak bied raad en aan­moe­diging gebaseer op Bybelse beginsels. Elke persoon wat be­trokke is by die uitdaging om seuns te ver­an­der in goeie mans moet hierdie boek lees.

     

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel Bringing Up Boys

     

    Oor die outeur

    James Dobson is die stigter en president van Focus on the Family, ’n niewins­gewende organisasie wat fo­kus op die instandhouding van die gesin. Dr. Dob­son is ook bekend vir sy radioprogramme wat daag­liks oor meer as 7 300 stasies uitgesaai word en meer as 200 miljoen luisteraars het. Hy is ’n gekwa­li­fiseerde sielkun­dige en het ook ’n doktorsgraad in kinder­ont­wikkeling aan die University of Southern Cali­fornia School for Medicine verwerf. Dr. Dob­son en sy vrou, Shirley, is die ouers van twee volwasse kinders, ’n dogter en ’n seun. Hulle woon in Colo­rado Springs, Colorado.