Om Jesus Te Ken (Hardeband)

    Om Jesus Te Ken (Hardeband)

    Elize Parker
    Free Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R249.95

    Om Jesus te ken

    Verhoudings is een van die lewegewende aspekte van ons lewe, maar daar is ook groot potensiaal vir konflik en seerkry. Sonder Jesus aan ons sy kan ons nie staande bly wanneer daar storms in ons verhoudingslewe is nie.

         Elize Parker bied in die verhoudingsgids Om Jesus te Ken – Hoe verhoudings kan groei met Jesus in beheer wenke in dagstukkievorm aan. Elke week gesels sy oor ’n ander tema wat verhoudings raak en deel praktiese raad uit soos hoe om ’n moeilike skoonma te hanteer sowel as hoe om te verhoed dat finansies verhoudings kelder. Elke tema strek oor sewe dae, sodat jy deur die loop van die jaar stelselmatig deur die verskeie onderwerpe kan werk. Om Jesus te Ken bevat temas soos:

           Sleutels tot vervullende verhoudings

           Laat jou hartswonde deur God herstel word

           Staan ferm teen moeilike mense

           Lewende woorde vol genesing

           Om verhoudings soos Jesus te hê

         Deur die hele jaar word ons daaraan herinner dat nét deur Jesus beter te leer ken en nader aan Hom te kom, ons uiteindelik nader aan mekaar sal kom. Nét deur ’n regte verhouding met Jesus sal ons ander verhoudings kan slaag.

         Elke dag bestaan uit ’n teksvers, dagstukkie, ’n praktiese ‘doen-wenk’, gebed en ‘n voorstel om meer in die Woord oor die onderwerp te lees. Die uitgangspunt is om na Jesus se verhoudings op te let en daardeur te leer.

    Oor die Outeur

    Elize Parker is die skrywer van verskeie tydskrifverhale, kortverhale en romans. Sy het al verskeie Christelike romans die lig laat sien waarvan die jongstes Eersteling, Soos sagte kerslig en Gewete van klip is. ’n Gebedeboek, Hartsgebede en beloftes vir die siel met die Paasgebeure as tema, het in Maart 2016 die lig gesien. Sy is ’n gesoute joernalis en tans omgewingsverslaggewer by Die Laevelder. Benewens haar skryfwerk bied sy ook verskeie radioprogramme aan.