Om God Te Ken - 365 Oordenkings Vir Seuns (Sagteband)

    Om God Te Ken - 365 Oordenkings Vir Seuns (Sagteband)

    Carolyn Larsen
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R169.95

    365 dagstukke wat laerskoolseuns sal inspireer tot ’n inniger verhouding met die Here.

     

    Carolyn Larsen het ’n hart vir jongmense, en ’n be­sondere vermoë om die waarhede van geloof aan kinders oor te dra.

         Met Om God te ken – 365 oordenkings vir seuns deel sy met laerskoolkinders hoe om God en sy wil te leer ken. Die boekie se inhoud pas by seuns se belangstellings en ervaringswêreld. Elke dagstuk­kie word afgesluit met ’n voorstel aan die kind om sy wandel met die Here op praktiese ma­niere te gaan uitleef.

     

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel 365 Days to Knowing God for Boys.

     

    Oor die outeur

     

    Carolyn Larsen is die outeur van meer as 40 boeke vir kinders en volwassenes. Sy het al verskeie pryse vir haar skryf­werk gewen, waaronder die C.S. Lewis Silver-toe­kenning. Carolyn woon saam met haar man en drie kinders in Glen Ellyn, Illinois. Sy tree ge­reeld as spreker op by geleenthede vir vroue en soms ook op die verhoog saam met haar eie be­die­nings­groep, Flashpoints