Om Bly Te Wees (4 Vernuwing-Reeks)(Sagteband)

    Om Bly Te Wees (4 Vernuwing-Reeks)(Sagteband)

    Karen Kingsbury & Gary Smalley
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R109.95

    ’n Feesviering wat tragies eindig, bedreig nie net ’n huwelik nie, maar ook ’n lewe.

    Brooke en Peter se huwelik word tot die uiterste beproef terwyl hul driejarige Hayley om haar lewe veg. In Om bly te wees moet die Baxter-familie mekaar ondersteun al lyk selfs gebed buite bereik.

    In plaas daarvan om na Brooke te draai om Hayley se ongeluk te verwerk word Peter deur selfverwyt verteer en soek hy op ander maniere troos. Sy besluite slinger hom in ’n bodemlose diepte wat nie net dreig om sy verhouding met sy vrou te vernietig nie, maar ook sy lewe.

    In Om bly te wees kom die Baxters te staan voor seer en verlies, maar ’n troue bring weer vir almal ’n rede om te glimlag. Brooke en haar gesin moet hul terugslae verwerk en die toekoms tegemoetgaan. Maar die verlies van ’n baie spesiale vrou in hul lewe sal almal vir altyd verander.

    Om bly te wees is die vierde boek in die gewilde Vernuwing-reeks.

    Oor  die outeurs

    Karen Kingsbury, New York Times-topverkoper-outeur, is een van Amerika se gunsteling inspirerende fiksie-skry­wers. Daar is meer as 25 miljoen ek­semplare van haar bekroonde boeke in druk. Haar laaste 12 boeke het almal die nommereen-posisie op top­verkoper­­-lyste bereik en baie van haar boeke word verwerk in flieks vir die klein- en groot­skerm. Karen is ’n assistent-professor in skryfkuns aan die Liberty University. Sy woon in Tennessee saam met haar man, Don. Hulle het een dogter en vyf seuns, waarvan drie uit Haïti aangeneem is.

     Gary Smalley (1940-2016) was ’n ge­sins­berader en stigter en president van die Smalley Relationship Center. Hy was een van Amerika se bekende sprekers en skrywers oor familiever­houdings