Offerkind-Omnibus (Sagteband)

    Offerkind-Omnibus (Sagteband)

    Elize Parker
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R299.95

    OfferkindOmnibus

    Die Offerkind-reeks vertel die verhaal van Emma en Izak, ’n tweeling wat by geboorte geskei is en hul lewe lank swaar gedra het aan die ‘Geskeide tweeling’-sindroom.

         Die reeks begin met Onthou jy my?, ’n aangrypende verhaal waarin een van die tweeling, Emma, se seun op pad na ’n rugbywedstryd verongeluk. Die ongeluk en Albert se dood het verrykende gevolge op

    Emma en haar man, André, se lewens. In Blinde kol moet Izak Mostert na ’n beenmurgoorplanting en

    Die amputasie van sy bene, stadig weer sy lewe aanmekaar begin las. Hy worstel met die dood van sy

    Vrou en kind wat in ’n kaping gesterf het, sy aangenome status, gevoelens van verwerping en sy fisieke uitdagings.

         Lint in die wind neem die leser terug na die verlede en vertel die aangrypende verhaal van die tweeling se ma, Charlene, en haar soeke na ware vryheid.

    Oor die Outeur

    Elize Parker is die skrywer van verskeie tydskrifverhale, kortverhale en romans. Sy het al verskeie boeke die lig laat sien waarvan die jongstes Eersteling, Soos sagte kerslig en Gewete van klip is. Haar tweede dagstukkieboek, Hoor God se stem, het in 2014 verskyn. Sy is ’n gesoute joernalis en benewens haar skryfwerk bied sy verskeie radioprogramme aan.