Oase (Sagteband)

    Oase (Sagteband)

    Stefani Serfontein
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R210.00

    R168.00

    ’n Spannende verhaal met ’n vinnige pas, deurweef met die goue draad van God se beskerming en genade.

    Sarah word uit haar huisie in Kaapstad ontvoer.

    Sal Ariel daarin slaag om haar te vind? En sal kaptein Rassie Erasmus sy vooropgestelde idees en sinisme kan agterlaat en Sarah opspoor?

    Kaptein Erasmus se briljante IT-kenner Daniël help die persone opspoor wat die ontvoering gereël het. Wie is die Drie Broeders, en hoekom is hulle agter Sarah aan? Wat is die verbintenis tussen Edmund Muller en die Groot Sadar?

    Oor die skrywer

    Stefani Serfontein woon tans in die skilderagtige dorpie van Port-Alfred waar sy ’n Afrikaanse onderwyseres is. Sy het as ’n predikantskind grootgeword en haar ouers het haar altyd aangemoedig om te skryf en te skilder. Sy het twee nagraadse kwalifikasies in Spirituele- en Funksionele-terapie en voltooi ook haar teologiestudies deur Christian Life Training. Stefani se kinders, familie en vriende is haar kosbaarste besittings en haar kleinkinders haar hart se punt. Sy is passievol oor haar Hemelse Vader en Sy Seun wat haar Messias en Verlosser is.