Nuwe Krag (CD)

    Nuwe Krag (CD)

    Gerhard Steyn
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R89.95

    'n Kragtige CD wat jou ook nuwe krag sal gee.

    Al het die sanger en liedjieskrywer Gerhard Steyn 'n besonder besige en suksesvolle loopbaan, is daar een ding wat soos 'n paal bo water staan: waar hy sy inspirasie en krag vandaan kry. Sy jongste album, NUWE KRAG, is 'n viering van hierdie allesoorheersende voedingsbron en verhouding. "Hierdie album gaan nie oor my nie, maar oor die verheerliking van God- Drie- Enig. En om daarmee saam 'n verskil in my medemens se lewe te maak."

    Na maande se harde werk dra die album die vrug van die man met die goue stem se geestelikheid, deel dit met hom.

    Oor die kunstenaar

    Gerhardus Pieter (Gerhard) Steyn (gebore op 27 November 1976) is 'n bekende Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy is in 2006 aangewys as die Vonk-liedjieskrywer van die jaar. Met sy liedjie Baby Tjoklits, wat hy self sing, verower hy die 2009 Vonk-prys vir liedjie van die jaar. Die liedjie is ook deur Radio Rippel se luisteraars as die liedjie van 2009 aangewys.