Nou En Vir Altyd (CD)

    Nou En Vir Altyd (CD)

    Retief Burger
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R129.95

    Eer Jesus in elke seisoen - vir nou en vir altyd!

    Nou en vir altyd is Retief Burger se eerste studio album. Onder die meesterlike regie van Helmut Meijer is 'n vars klank vasgevang wat mense gaan bedien en hulle woorde gaan gee om God met oorgawe te aanbid. Die nuutgeskrewe liedjies kom diep uit Retief se hart, is singbaar in gemeentes en is geskryf met een doel: om Jesus te eer, in elke seisoen - vir nou en vir altyd!

    Oor die kunstenaar

    Retief Burger is ’n aanbidder in sy wese. Vir hom gaan dit oor meer as net liedjies.  Sy musiek vind aanklank by ’n wye spektrum mense omdat dit opreg en modern is.  Hy is egter nie net ’n aanbiddingsleier nie, maar glo dat God hom geroep het om mense te lei na die hart van die Vader. Hy het ook 'n passie om nuwe leiers op te rig wat oor alle kerk- en generasie grense saamwerk vir een doel: om God bekend te maak en vir sy eer te leef!