Nooit Weer Nie (Sagteband)

    Nooit Weer Nie (Sagteband)

    Henry Cloud
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R99.96

    Almal van ons maak foute, grotes en kleintjies.

    In hierdie lewensveranderende boek leer jy 10 paaie na sukses wat jou sal help om jou foute om te draai en plek te maak vir sukses – fisiek, persoonlik en geestelik.

    Almal van ons maak foute, grotes en kleintjies. Partykeer neem ons foute ons op die verkeerde pad en stuur ons in die rigting van afbrekende lewenspatrone, en partykeer leer ons die les en maak nooit weer dieselfde foute nie. Maar hoe? Hoe herken ons ons afbrekende patrone, maak nuwe keuses en voer dit deur?

    In Nooit Weer Nie deel dr. Henry Cloud tien paaie na sukses, en sodra ons eenkeer op hierdie paaie geloop het, draai ons nooit weer om nie. Sy beproefde metode – gebaseer op genade en nie skuldgevoelens nie – skets vir ons tien algemene lewenspatrone wat ons sukses saboteer en gee duidelike, konkrete stappe wat jy kan neem om dit te oorkom. Jy sal sien hoe jou verhoudings floreer, jou persoonlike lewe verbeter en jou geloof versterk word. Dr. Cloud se kragtige boodskap gee jou nuwe insigte en sodra jy dit begin toepas, sal jy begin beweeg in die rigting waar jy graag wil wees.

    Met ’n wenkombinasie van ewige beginsels, geestelike wysheid en moderne, wetenskaplike inligting, sal Nooit Weer Nie jou hart in die regte verhouding met jouself en met God plaas.

    Oor die skrywer

    Dr. Cloud is 'n gerekende leierskapspesialis en topverkopende outeur. Hy bou op sy ervaring in besigheid, leierskapskonsultasie en sy praktyk as kliniese sielkundige om sodoende praktiese en effektiewe advies te deel om leierskapsvaardighede en werkplekprestasie te verbeter. Dr. Cloud is die skrywer of medeskrywer van meer as twintig boeke, insluitende die topverkopende Boundaries-reeks wat meer as vier miljoen kopieë verkoop het.