Nogtans Sal Ek Sing (CD)

    Nogtans Sal Ek Sing (CD)

    Anneli Van Rooyen
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R129.95

    Anneli van Rooyen is terug met ʼn splinternuwe album.

    Sy het ʼn bitter moeilike tyd agter die rug, maar het ten spyte daarvan deurgedruk en nege nuwe opnames te maak vir hierdie album. Immergroen treffers soos “Ek Lewe” en “Ek Glo” is heropgeneem, en dit gee jou hoendervleis om daarna te luister. Die titelsnit “Nogtans sal ek sing” is self deur haar geskryf en verwerk deur Danny Antill, dit beskryf haar stryd maar ook dat daar altyd nog steeds hoop is. Aanhangers gaan beslis nie teleurgesteld wees nie en die reaksie wat reeds by die publiek gekry is, is oorweldigend.

    Oor Anneli van Rooyen

    Anneli van Rooyen is 'n bekende Afrikaanse sangeres. Sy is in 1979 as die algehele wenner van die ATKV se Crescendo aangewys. Van haar treffers sluit in: Sewe sakke sout, Neem my op vlerke, Seemeeu!, Ek lewe en Seënbede.