Nogtans Combo (CD & DVD)

    Nogtans Combo (CD & DVD)

    Onbeskaamd
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R149.96

    Word gevul met verwondering en hoop oor ‘n Verlosser, Vader en Vertrooster wat ons so lief het!

    Elke mens op aarde word gekonfronteer met moeilike omstandighede, storms, woestyne, hartseer, angs en desperaatheid. En wanneer die donker aan jou deur kom klop en jy 'n bitter beker drink, sal jy as volgeling van Jesus kan sê: "Nogtans sal ek glo in Jesus?"

    Nog nooit in die geskiedenis van kerk is daar soveel mense vervolg soos nou nie. En jy vra jouself af: sal ek kan staande bly as dit oor my pad kom? Sal ek bly vasklou aan die Een wat ten spyte van al my gebreke NOGTANS gesterf het vir my?

    Selfs in hulle eie span het elkeen van die lede die laaste paar jaar hulle eie hartseer, uitdagings en storms deurgegaan. Elkeen moes sy hart ondersoek en seker maak dat Jesus die middelmas is.

    So, die boodskappe op hierdie album laat mens self-ondersoek doen, maar vul ‘n mens ook met verwondering en hoop oor ‘n Verlosser, Vader en Vertrooster wat ons so lief het! Al het ‘n mens baie vrae, kom jy tot die besef dat ‘n Skepper wat wys genoeg is om die heelal en elkeen van ons te skep, verseker wys genoeg is om na my, Sy kind, om te sien.

    Oor Onbeskaamd

    Onbeskaamd is ‘n “worship”-projek wat ontkiem het in Stass se hart in 2007 en bestaan uit ‘n span van 7 passievolle en talentvolle musikante.

    Die hart van Onbeskaamd is om God se liggaam op te bou en ‘n nuwe generasie aanbidders op te rig binne en buite die vier mure van die kerk deur middel van musiek. Aanvanklik het Onbeskaamd ‘n spesifieke ouderdomsgroep in gedagte gehad, maar die Here het hulle verras. Mense van 2 – 90 jaar daag op by die aanbiddingsgeleenthede en hulle het opnuut besef dat ‘n nuwe generasie aanbidders wat oor alle ouderdomsgroepe strek, besig is om op te staan!