Nog n Kans (CD)

    Nog n Kans (CD)

    Rouchelle Liedemann
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R140.00

    Geliefde en bekroonde Gospel sangeres Rouchelle Liedemann het ons die laaste paar jaar beter leer ken as TV aanbieder en Kaapse-korrespondent van die gewilde Die Groot Ontbyt – weeksoggende op KykNet Kanaal 144, en ook meer onlangs op ROEP TV met haar eie program Liedemann raak Liries. Alhoewel Rouchelle se stem as sangeres gereeld gehoor word as gaskunstenaar op verskeie projekte, was sy die afgelope paar maande hard aan die werk agter die skerms met haar vyfde, splinternu¬we album – NOG ‘N KANS – wat eersdaags die lig sien. NOG ‘N KANS, titelsnit uit die pen van sanger & liedjieskrywer Johan Brits, is ook die eerste enkelsnit vanaf haar nuwe album. Dit vertel die storie van ‘n God van nog kanse, ‘n genade wat mens nie kan verstaan nie, maar net kan aanvaar. Die lied, vervaardig deur Helmut Meijer in Stellenbosch, het ‘n opgewekte en energieke pop-rock benadering met aangrypende melodiese lyne, veral in die koor gedeelte. Dis bestem om ‘n treffer te wees en diep in mense se harte te resoneer.