Ter Wille Van Die Vaders (Sagteband)

    Ter Wille Van Die Vaders (Sagteband)

    Marzanne Leroux-Van Der Boon
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R220.00

    Ter wille van die vaders is die tiende titel in Marzanne Leroux-Van der Boon se gewilde Israel-reeks waarin sy jou meevoer na die Heilige Land.

    Ou vriende keer terug Israel toe: Henok kry ’n aangename verrassing wanneer sy vrou Sarah laat weet dat sy wil kom kuier.

    Waar Marc hom weer in die Hadassah-hospitaal bevind, gee hy opnuut sy seuntjie in God se hande. Maar hy voel verskeurd tussen sy familie in Israel en sy bekommernis oor sy ma in Suid-Afrika.

    Tog beleef hy God se nabyheid op wonderlike maniere en vind hy troos in die wete dat Adonai se weë ver bo ons verstand verhewe is.

    Ter wille van die vaders is die tiende titel in Marzanne Leroux-Van der Boon se topverkoper-Israel-reeks. Marzanne toer steeds een keer per jaar, in samewerking met die tydskrif Lééf, na Israel. Met haar in-diepte kennis skryf sy die Joodse wêreld vir haar lesers oop.

    Oor die Outeur

    Marzanne Leroux-Van der Boon is ’n bekende en bekroonde skrywer wat in Vredehoek, Kaapstad, woon. Sy is veral bekend vir haar liefdesromans – wat allerhande etiese en aktuele kwessies aansny – en het ook ’n passie vir Israel, wat die afgelope paar jaar uitgeloop het op tien gewilde romans wat in daardie land afspeel.