Die Meesterstuk (Sagteband)

    Die Meesterstuk (Sagteband)

    Francine Rivers
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R299.94

    R239.99

    ’n Verhaal van God se genade wat selfs die mees gebroke mens in ’n onvolmaakte maar ongelooflike meesterstuk kan verander.

     

    Roman Velasco is ’n suksesvolle Los Angeles-kunstenaar wat oënskynlik alles het wat sy hart begeer – ʼn groot herehuis, geld, vroue en roem. Slegs Grace Moore, sy teësinnige nuwe assistent, weet hoe min hy regtig het. Maar Grace weet nie hoe haar baas in die geheim met sy duiwels stoei nie: deur geboue te teiken as die Bird, ’n berugte maar ongeïdentifiseerde graffiti-kunstenaar – ’n alter ego wat Roman se loopbaan kan verwoes en hom in die tronk kan laat beland.

    Soos Roman worstel Grace ook met spoke en geheime van haar eie. Ná ’n rampspoedige huwelik haar lewe totaal van koers afgegooi het, het sy besluit dat liefde nooit weer haar drome sal kniehalter nie. Maar soos sy die enigmatiese man agter die reputasie leer ken, is dit asof hulle gebroke stukke stadig inmekaar begin pas ... totdat iets onverwags gebeur wat die verloop van hulle verhouding – en albei se lewe – onherroeplik verander.

    Die meesterstuk is ʼn splinternuwe roman deur bekroonde New York Times-topverkoper-outeur Francine Rivers wat jou herinner dat genade selfs die mees gebroke persoon in ’n onvolmaakte tog ongelooflike meesterstuk kan verander.

     

    Oor die outeur

    Francine Rivers skryf al vir meer as 40 jaar. Van 1976 tot 1985 het sy vir die sekulêre mark geskryf en verskeie toekennings ontvang. Nadat sy in 1986 tot bekering gekom het, het sy haar eerste Christelike boek geskryf. Sedertdien het sy al verskeie toekennings ontvang, onder andere ’n ECPA Gold Medallion en die voortreflike Romance Writers of America Rita Award.