God Hoor Wanneer Jy Bid (Hardeband)

    God Hoor Wanneer Jy Bid (Hardeband)

    Salem & Agnes de Bezenac
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R90.00

    R76.00

    Kinders tussen 3 en 6 jaar ontdek die seën van gebed met behulp van Psalm 34 en die Ons Vader-gebed.

    God hoor wanneer jy bid is ’n wonderlike bekendstelling aan Psalm 34 en die Ons Vader-gebed uit Matteus 6 vir kinders tussen 3 en 6 jaar.  

         Terwyl kinders die maklik verstaanbare parafrases saam met die oorspronklike Bybelgedeeltes lees, sal hulle ontdek waarvoor hulle alles kan bid en hóé God wil hê hulle moet bid. Die helder illustrasies en prettige karakters sal ouers en kinders se verbeelding aangryp en kinders sal besef hoe baie God daarvan hou om met hulle te praat.

    Ook beskikbaar in Engels onder titel God Hears When You Pray

     Oor die outeurs

    Agnes en Salem de Bezenac is professionele grafiese kunstenaars en spesialiseer in die skep van kinderboeke en multimedia-produksies. Salem is al sedert 1997 betrokke by musiekvervaardiging en komponeer musiek vir flieks. Hy het veral ervaring opgedoen in Europa, Asië, Afrika en Suid-Amerika. Agnes is ʼn outeur en illustreerder van kinderboeke. Sy het ook 10 jaar ervaring as kleuterskool- en laerskool-onderwyseres.