Nina Smit Dagbeplanner Vir Vroue 2018 (Sponsgevulde Hardeband)

    Nina Smit Dagbeplanner Vir Vroue 2018 (Sponsgevulde Hardeband)

    Nina Smit
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R159.95

    Beplan jou dae en jou jaar, en word geïnspireer met die Nina Smit Dagbeplanner vir die vrou 2018.

     

    Die Dagbeplanner vir die vrou 2018 deur Nina Smit spog met ’n sagte, vroulike omslag in

    vrolike kleure en sal weer eens vroueharte landswyd verower. Nina se inspirerende

    dagstukkies, die klassieke ontwerp en gebruikersvriendelike uitleg is ’n wenkombinasie

    wat die toets van die tyd deurstaan het en dit een van die gewildste dagbeplanners

    vandag maak.

         Daar is oorgenoeg plek vir afsprake en persoonlike notas, hulpmiddels soos

    jaarbeplanners, kalenders en ’n begrotingslys, asook oordenkings vir elke dag en maand

    wat jou sal inspireer om elke dag die regte lewenskeuses te maak. Kenmerke sluit in:

     

    • Inspirasie vir elke maand en daaglikse oordenkings deur Nina Smit
    • Openbare vakansiedae, skoolkwartale en kontakbesonderhede vir universiteite
    • Jaarbeplanners vir 2018 en 2019, begrotingsbladsye en kalenders
    • Maandbeplanners
    • Bladsye vir persoonlike notas
    • ’n Adreslys
    • Handige inligting soos omskakelingstabelle, geskenke vir huweliksherdenkings en so meer

     

    OOR DIE OUTEUR

     

    Nina Smit is bekend vir haar talle dagboeke, kinderboeke en boeke vir vroue oor verskeie onderwerpe. Haar jongste publikasies sluit in Beloftes vir Ma’s, Genade vir vandag, God sorg vir jou, Omvou my met u liefde, Here – grootdruk, Leef in sy lig, Leef as oorwinnaar en Wanneer vreugde my ontwyk . Nina het

    drie volwasse kinders en woon in Somerset-Wes