Vir Meisies Soos Jy (Sagteband)

    Vir Meisies Soos Jy (Sagteband)

    Wynter Pitts
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R100.00

    Inspirerende oordenkings lei ampertiener-meisies om God se daaglikse sorg en onvoorwaardelike liefde vir sy Koningskinders in hulle lewe raak te sien.

    Die ampertiener-jare is ’n baie verwarrende tyd vir kinders, veral vir meisies. Sy is nóg kind, nóg jong meisie, en daar is soveel dinge wat sy moet leer balanseer, soos vriendskappe, skool, huiswerk en buitemuurse aktiwiteite. Dit is ’n tyd waarin sy haar eie identiteit moet ontdek, te midde van die veranderinge wat in haar liggaam plaasvind en die groepsdruk wat sy ervaar. En ongelukkig gaan dit dikwels gepaard met baie verwarring en hartseer.

         Vir meisies so jy is inspirerende oordenkings wat ampertiener-meisies lei om hulle ware identiteit in God te ontdek. Die oordenkings, tesame met die selfdink-vrae en aktiwiteite wat hier en daar voorkom, sal hulle bewus maak van God se daaglikse sorg en onvoorwaardelike liefde. So sal meisies geïnspireer word om ’n positiewe selfbeeld te ontwikkel wanneer hulle oë oopgemaak word vir God se waarheid oor wie hulle is in Hom.

     

    Ook beskikbaar in Engels onder titel For Girls Like you.

     

    Oor Die Outeur

    Wynter Pitts (1980-2018) was ʼn bekende outeur en spreker. Sy was ook die stigter van For Girls Like You. Dit is ’n bediening wat jong meisies toerus om werklik uit te leef wie God hulle geskep het om te wees en ouers toerus om sterk Christus-volgelinge groot te maak wat God se plan vir hulle lewe uitleef. Sy het in Dallas, Texas, gewoon saam met haar man, Jonathan, en hulle vier dogters.