Leierskap 101 (Hardeband)

    Leierskap 101 (Hardeband)

    Stephan Joubert & Johan Smith
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R199.00

    R169.00

    101 noodsaaklike toekomsgerigte realiteite wat elke leier in die 21ste eeu moet verstaan en toepas vir suksesvolle leierskap.

     

    Die wêreld verander voortdurend en bestaande idees word deesdae amper daagliks op hul kop gekeer. Dit geld natuurlik ook vir hoe ’n mens leiers en leierskap oor die jare ervaar het.

    In Leierskap 101 bespreek Stephan Joubert en Johan Smith 101 aspekte van hoe leierskap vandag lyk. Hierdie unieke blik op leierskap bevestig dat leiers God se gestuurde dienaars is. Deur te kyk na sake soos integriteit, visie, leierskap in die kerk en gehoorsaamheid wys hulle dat leierskap nie ’n lyding hoef te wees nie, maar ’n heerlike en vervullende voorreg.

    Ontdek ’n heel nuwe waarheid oor leierskap en word die leier wat God bedoel het jy moet wees.

     

    Oor die Outeurs

    Stephan Joubert is ’n skrywer, akademikus, spreker en Andrew Murray-pryswenner. Stephan is buitengewone profes­sor in Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat en ’n navorsingsgenoot in Teologie aan die Radboud Universiteit in Nijmegen, Nederland, redakteur van ’n groot e-kerk op die internet, en deeltydse leraar.

     

    Johan Smith is ’n skrywer, prediker en spreker. Hy besoek landswyd skole en kerke om ’n wye spek­trum van mense te bedien, soos jeug, ouers, gesinne, mans en vroue. Sy nuutgestigte nie­wins­gewende maatskappy, VitaAmp (www.vitaamp.org), fokus op bediening aan die jeug, onder­wysers, skool­hoof­de, predikante, ouers en gewone lid­mate. Moreletapark Gemeente is Johan se tuis­gemeente.