Die Name Van Jesus (Sagteband)

    Die Name Van Jesus (Sagteband)

    Fanie Naude
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R160.00

    Ontdek Jesus se karakter in sy 50 belangrikste en mees algemene Name en ervaar ’n dieper verhouding met Hom.

    Wat beteken dit wanneer Jesus die Leeu van Juda, die Sleutel van Dawid, die Hoeksteen, die Erfgenaam en die Amen genoem word?

         In Die Name van Jesus word 50 van die belangrikste en mees algemene Name verduidelik wat Jesus se familie, sy dissipels, vreemdelinge, Hyself, asook sy Vader Hom genoem het. Jesus se Name vertel ons meer van sy verhouding met sy God, die Heilige Gees en veral met ons – sy kinders.

    Hierdie Name sal jou insig gee in die karakter van die groot Ek is, die Alles-in-een en bowenal – Jesus as ons persoonlike Verlosser en Leidsman. En namate ons Hom beter leer ken, sal ons verhouding met Hom verdiep.

     

    Oor Die Outeurs

    Fanie Naudé is getroud met Johannie en hulle het twee seuns en ’n dogter. Hy het sy BA- en BD-graad aan Tukkies behaal. Twee liedere uit sy pen is in die Liedboek van die Kerk opgeneem, naamlik Lied 165 en Lied 544:2, 3. Sedert aftrede bedien hy die gemeente Greylingstad vanuit Pretoria.