Anderkant Die Ondenkbare (Sagteband)

    Anderkant Die Ondenkbare (Sagteband)

    Jeanette Morton
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R180.00

    n Emosiebelaaide memoir van ’n ma wat haar kind in ’n motorongeluk verloor het.

    Op Sondagoggend 1 Mei 2011 verander Jeanette Morton se lewe onherroeplik: Sy kry die gevreesde oproep dat haar kind dood is. In hierdie hartroerende memoir kyk sy terug op die lewe van haar twintigjarige seun Henno se lewe en die swart nag toe hy in ’n motorongeluk gesterf het. Sy onthou verskeie uitstaan-oomblikke wat hul gesin gedefinieer het en deel van Henno se intiemste gedagtes. Sy wroeg ook oor wat sy anders moes gedoen het en of God dan nie haar gebede gehoor het om haar kind te bewaar nie. Uiteindelik vind sy haar weg op die pad na genesing.

      Met kort, aangrypende hoofstukke en treffende foto’s en illustrasies is die boek ’n viering van ’n baie spesiale jong man se lewe. Dit hanteer die tipiese vrae wat ouers het, soos: Het my kind seergekry? en Is my kind in die hemel? Terselfdertyd sal dit enige persoon wat al ’n kind aan die dood moes afstaan, help om weer lig aan die einde van hul eie treurproses te sien.

    Oor die skrywer

    Jeanette Morton is ’n taalpraktisyn en die skrywer van twee jeugverhale, Marmerprinses en Die vlinder en die surfer . Sy en haar man het twee volwasse kinders, ’n seun en ’n dogter, en hulle woon in die Kaap.