Nader Aan God Nader Aan Mekaar (Flex Cover)

    Nader Aan God Nader Aan Mekaar (Flex Cover)

    Ewald Van Rensburg
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R159.95

    Nader aan God, nader aan mekaar bevat gesinsoordenkings om gesinne te help om nader aan God en aan mekaar te groei

    Met kinders se besige skool en buitemuurse programme, en Ma en Pa se stresvolle loopbane, is dit geen wonder dat ons nie tyd het om as gesin saam godsdiens te hou nie. Nader aan God, nader aan mekaar gee die antwoord in die vorm van 52 kort, kragtige gesinsoordenkings wat gesinne sal help om nader aan God en aan mekaar te groei. Elke dag bied iets anders, waaronder spesiaal geselekteerde Bybelverse, aktiwiteite om saam te doen en uitdagings om maar net ’n paar te noem. Hierdie dagstukkieboek bevat ook handige ouerskapswenke vir ouers. Van die inspirerende temas sluit in: Die genade van mislukking, dodelike sondes en hul teenmaatreëls, om hoop in ’n gebroke wêreld te vind en om geloof soos ’n mier te hê.

    Oor die Skrywers

    Ewald van Rensburg spesialiseer in jeug en familiebediening en is ’n predikant by HH Familiekerk, Somerset-Wes. Hy is ook ’n gewilde en bekroonde skrywer.

    Beatrix van Rensburg is ’n klinies-maatskaplike werker met haar eie privaatpraktyk. Sy verwerf haar doktorsgraad in 2014 en spesialiseer in kinder- en gesinsterapie.

    Hulle het al ’n paar boeke saamgeskryf en het ook ’n maandelikse rubriek in LiG-tydskrif. Hulle het drie kinders en is trotse grootouers.