'N Vrou Na God Se Hart (Sagteband)

    'N Vrou Na God Se Hart (Sagteband)

    Elizabeth George
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R179.95

    Word die uitnemende vrou wat God jou bedoel het om te wees.

    Het jy geweet dit is binne jou bereik om ’n ware vrou na God se hart te word? Maar die transformasie kom van God af.

    In ’n Vrou na God se hart bied Elizabeth George sekere dissiplines wat ons kan volg om onsself in God se hande te plaas sodat Hy die werk in ons hart kan doen. Sy deel praktiese riglyne gebaseer op die Bybel rakende ons stiltetyd saam met God, ons eggenoot, ons kinders en huis, ons persoonlike groei en ook ons betrokkenheid by die kerk. In dié hersiene uitgawe fokus sy ook op die verskillende seisoene van ’n vrou se lewe met praktiese raad vir al die veranderinge.

    Die beginsels in ’n Vrou na God se hart sal jou lei tot ’n nuwe verhouding met God en almal rondom jou.

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel A Woman After God’s Own Heart

    Oor die Outeur

    Elizabeth George is ’n topverkoper-outeur, en bykans 10 miljoen eksemplare van haar boeke is gedruk. Sy is veral bekend vir haar boek A Woman After God’s Own Heart® waarvan daar al meer as 1 miljoen eksemplare verkoop is. Elizabeth en haar man, Jim, is ouers en grootouers en staan al vir meer as 40 jaar in die bediening.