n Vrou In Gebed (Sagteband)

    n Vrou In Gebed (Sagteband)

    Priscilla Shirer
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R169.95

    R135.96

    ’n Kragtige gevegsplan vir vroue se persoonlike, spesifieke en strategiese gebed.

     

    Die geveg van jou lewe is reg voor jou. Op hierdie oomblik wil die vyand deur slinkse planne verskeie areas van jou lewe omver te gooi. ’n Doel­gerigte gebedstrategie sal jou meer help as wat jy ooit kon droom.

    In ’n Vrou in gebed plaas Priscilla Shirer die drin­gendheid van ’n doel­gerigte gebedsplan op die voor­grond. Sy identifiseer 10 areas vir strategiese gebed, waaronder identiteit, passie, gesin, vrese, reinheid en uitdagings.

    ’n Vrou in gebed rus vroue toe om hulle eie gebedstrategieë neer te skryf wat hulle gereeld vir hulleself en hulle geliefdes kan bid. Daar is skryfplek vir gebede agter in die boek wat uitgeknip kan word.

    Priscilla speel die rol van Elizabeth Jordan in die fliek War Room en gebruik ’n Vrou in gebed om die beginsels uit dié fliek vir vroue deel van hul elke­dagse lewe te maak.

    Dié boek is ’n praktiese gids vir vroue vir kragtige, doel­gerigte gebed.

     

    Oor die outeur

    Priscilla Shirer is ’n spreker met ’n meestersgraad van die Dallas Theo­logical Seminary. Sy is ook ’n gewilde outeur en die skrywer van Die stand­vastige vrou, een van die boeke wat saam met die fliek Courageous ver­skyn het. Priscilla is getroud met Jerry. Sy en Jerry is die stigters van Going Beyond Ministries. Priscilla staan tans voltyds in vrouebediening. Priscilla maak haar filmdebuut in War Room.