Wanneer God Met Jou Praat (Sponsgevulde Hardeband)

    Wanneer God Met Jou Praat (Sponsgevulde Hardeband)

    Karien Basson
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R249.95

    52 weke om jou opnuut te inspireer om God se stem te hoor en die pad te stap wat Hy vir jou bestem het.

     

    Karien Basson neem jou in 52 weke op ’n reis wat jou opnuut sal herinner: Die lewe is ’n kosbare gawe uit God se hand, en ons moet dit koester. Elke week bestaan uit 5 oordenkings en word afgesluit met ’n profiel van ’n persoon wat self al die oppe en affe van die lewe moes hanteer. Dit sluit in profiele van mense soos Rouchelle Liedemann, Tracey Lange, Charl du Toit, Richard Murray, Regardt van den Berg, Aletté-Johanni Winckler, Stephan Joubert en Joshua na die Reën.

    Wanneer God met jou praat sal jou elke dag inspireer om na God se stem te luister, sy leiding te volg en die beste jý te wees wanneer jy op die pad stap wat Hy vir jou bestem het.

     

    Oor die outeur

    Karien Basson is ’n gesertifiseerde Transformation Coach, NLP Life Coach, NLP Practitioner en Negative Emotional Therapy™ Practitioner. Na twaalf jaar in die mediabedryf as joernalis en radio-aanbieder is sy ’n bekende stem op Tygerberg 104FM in die bekroonde middag-spitstydprogram Vuurvas. Karien is vrou vir Shawn Basson en saam belê hulle tyd in die familiekerk Kingdom Light Church. Karien is een van drie vroue wat maandeliks die vuur aanblaas in vroue­bediening op ’n digitale platform onder die vaandel 4Minutes#CoffeeAndConvos. Sy is ’n mara­thon- en ultramarathonatleet, en gemeenskapswerk en diere­beskerming lê haar na aan die hart.