n Tweede Kans (Sagteband)

    n Tweede Kans (Sagteband)

    Tessa Afshar
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R179.95

    Die storie van ’n liefde wat uitein­delik die toekoms van die wêreld verander.

    Verlate en hartseer trek Rut na Israel met niks meer om aan vas te hou as Naomi se liefde nie. Sy voer ’n stryd om oorlewing.

    God het egter ’n plan vir haar. Rut word as ’n vreem­deling behandel, en is verbaas dat een van die mees gerespekteerde mans van Juda aan haar guns be­toon.

    Boas is lank reeds ’n wewenaar en vasberade dat dit nie gaan verander nie. Tog word hy getrek na die uit­landse vrou met die hartseer oë. Hy vertel hom­self dat hy net bedagsaam is teenoor sy niggie Naomi se skoon­dogter wanneer hy uit sy pad gaan om haar te beskerm, maar sy hart weet van beter.

    Gebaseer op die Bybelse verhaal van Rut.

    Oor die Outeur

    Tessa Afshar is in Iran gebore en het 14 jaar daar gebly. Sy het haar later in die VSA gevestig. Tessa het ’n MDiv-graad behaal aan Yale waar sy ook betrokke was by die Evangelical Fellowship van die Divinity School as mede-voorsitter. Sy is vandag steeds betrokke by Christelike uitreike. Pearl in the sand het vir Tessa ’n Reader’s Chioce Award in 2011 besorg.