'n Tuin Vir Tessa (Sagteband)

    'n Tuin Vir Tessa (Sagteband)

    Helena Hugo
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 21 working days
    R200.00

    Hoe begin jy van voor af as jy al jou besittings verloor, vriendekring en byna jou geloof? ‘n Moet-lees eietydse roman!

    “Die krag van haar werk lê in haar begrip vir mense en die alledaagse kwessies waarmee die meeste van ons worstel.” – Rapport

    “Helena Hugo ken haar karakters en met besondere vaardigheid ontwikkel sy hul gedagtes, emosies en doen en late.” – Jeanne Els

    “Sy verstaan die magiese krag van woorde wat goed gekies is; van karakters wat worstel met hul geloof en hul sterflikheid: Helena Hugo mag maar skryf.” – Maryke Roberts

    Tessa het die perfekte lewe; haar man Altus se besighede doen goed en haar seuns is goeie kinders. Sy woon in ’n pragtige huis in ’n spogbuurt. Haar tuin is haar stukkie hemel, haar skuilplek, die plek waar sy troos soek en kry. Die laaste tyd begin Altus se stiltes haar pla. Wie of wat sit daaragter? En beteken dit dat sy haar tuin sal moet prysgee? 

    Oor die Outeur

    Helena Hugo het haar loopbaan as aktrise begin, maar skryf topverkopers en vertaal deesdae voltyds. Benewens talle boeiende verhale oor verskillende genres heen, is sy ook regisseur en skrywer van radiodramas en vervolgverhale. Helena en haar man, Henk, woon in Roodepoort en het drie volwasse kinders.