n Tas Vol Blues Songs (Sagteband)

    n Tas Vol Blues Songs (Sagteband)

    Susan Coetzer
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R170.00
    Goodbye to Toxic Men ... As iemand Kath-Lien Carstens, glansvrou en topskrywer, nou met dié treffer in haar hand moet sien, is die land aan die gons! Sy weet maar alte goed die aasvoëls van die smeerpers slyp hulle gifpenne om enige skande van bekendes teen die lamppale uit te basuin. Kath-Lien mag dalk die pers ontduik. Maar sal dié selfhelpgids haar die sleutel gee om ’n nuwe deur oop te sluit? Kan dit haar toksiese huwelik ontgif? En hoe stuit sy die golwe van daardie ander tsunami wat ook haar seun, Melt, en peetdogter, Rebecca, wil saamsleur? Eers wanneer sy haar dogtertjie-self teen haar hart vasdruk, op ’n windverweerde Langebaan, kry Kath-Lien die sleutel waarvan haar sielkundige gepraat het. Die missing clue na geluk was al die tyd in haar eie hart. Haar tas vol blues songs, besef sy, is eintlik haar skatkis. Alles in haar verlede is nie sleg nie. Sy gebruik haar sleutel om ’n nuwe hoofstuk oop te sluit en neem verantwoordelikheid as outeur om die volgende hoofstukke in haar lewensboek met meer oorwinning en outoriteit te skryf. ’n Tas vol blues songs is die verhaal van ’n vrou se reis deur die pyn van ontnugtering – tot by ware hoop, genade en selfontdekking.