'N Nuwe Seisoen (Sagteband)

    'N Nuwe Seisoen (Sagteband)

    Beverly Lewis
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Release October 2018
    R249.95

    Het Sallie Riehl oorhaastig beloftes gemaak voordat sy vir die somer weggegaan het?

    Sallie Riehl droom nog altyd daarvan om ten minste een keer te reis voordat sy by die kerk aansluit. Daarom is sy in ekstase toe sy die geleentheid kry om dié somer as ’n kinderoppasser vir ’n welgestelde familie in Cape May te gaan werk. Maar selfs al moet sy slegs tydelik van haar ouerhuis in Paradise afskeid neem, beteken dit dat sy haar doop met nog ’n jaar sal moet uitstel en dat sy die man met wie sy veronderstel is om uit te gaan, moet agterlaat.

    Die weke wat sy in Cape May deurbring, is onvergeetlik – deels weens Kevin, ’n jong Mennonitiese man wie se vriendskap sy gou begin koester. Het sy oorhaastig beloftes gemaak, of sal sy slegs by die huis kry wat sy die meeste begeer?

    Oor die outeur

    Beverly Lewis is in die hartjie van Penn­silvanië en die Amish-omge­wing gebore. Sy was voorheen ’n onder­­wyser. Haar boeke verskyn ge­reeld op topver­koper-lyste, waar­onder New York Times en USA Today.