n Nuwe Seisoen (Sagteband)

    n Nuwe Seisoen (Sagteband)

    Max Lucado
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R74.96

    Die wildernis. Miskien ken jy dit goed.

    Die Israeliete het verseker. Hulle het op stuk van sake tog veertig jaar in die woestyn rondgeswerf. Oorwinnings was skaars. Vordering was stadig. Hulle was vry van Farao maar nie vry van vrees nie. Gered, maar vas.

    Dit klink baie na die swaarkry van middeljare. Vasgevang in ’n groef. Uitgebrand. Op jou laaste. Is jy ook so vasgeval?

    Jy kan die dag en datum noem wat jy 'n Christen geword het en Egipte ontvlug het, maar jy kan nie onthou wanneer laas jy ’n versoeking weerstaan het of ’n antwoord op gebed gehad het nie. Jy veg nog dieselfde ou gevegte wat jy geveg het die dag toe jy na Christus gedraai het. Jy is uit Egipte, maar Egipte is nie uit jou nie.

    Is die Christelike lewe nie veronderstel om beter as dit te wees nie?

    Jesus bied oorvloedige vreugde, maar jy leef met 'n onderdrukkende weemoed. Die apostels praat van genade, jy dra skuld. Jy is meer as ’n oorwinnaar, maar tog word jy dikwels oorweldig deur versoeking of swakheid.

    Maar daar is goeie nuus. Met God se hulp kan jy die gaping tussen die persoon wat jy is en die persoon wat jy wil wees toemaak. Soos Joshua en die Israeliete kan jy uit die wildernis-bestaan uitbeweeg na ’n beloofde erfenis.

    Dit is God se visie vir jou lewe. Jy, in volle vaart. Jy, soos jy bedoel was om te wees. Jy, as oorwinnaar oor die Jerigo’s en reuse. Jy, minus die struikelings, seerkry en haat.

    Jy en jou Beloofde Land-lewe.

    New York Times topverkopende outeur Max Lucado nooi jou om die wildernis agter te laat en ’n lewe te ontdek wat gedefinieer word deur genade, verfyn word deur swaarkry en belyn is met ’n hemelse roeping. Deur die lewe van Joshua te bestudeer saam met die gelyknamige boek, lê Lucado God se beloftes vir elke stap bloot en herinner jou dat God steeds vir jou veg.

    Oor die Outeur

    Max Lucado is met meer as 100 miljoen produkte in druk een van die gewildste outeurs in Amerika. Hy en sy vrou, Denalyn, bly in San Antonio, Texas, waar hy by die Oak Hills Church in die bediening is.