'n Nuwe Begin (Hardeband)

    'n Nuwe Begin (Hardeband)

    Carolyn Larsen
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R249.95

    R212.00

    Meer as 90 kragtige oordenkings gegrond op die lewensveranderende oomblikke in 30 Bybelkarakters se lewens.

     

    Die Bybel is propvol stories van mense wat ’n nuwe begin ervaar het, soos Noag, Josef, Moses, Rut en Naomi, koningin Ester, die barmhartige Samaritaan en Maria en Marta.   

    ’n Nuwe begin is meer as 90 kragtige oordenkings gegrond op die lewensveranderende oomblikke in 30 Bybelkarakters se lewens. Carolyn Larsen het ook Skrifverwysings by elke oordenking ingesluit om verdere leeswerk aan te bemoedig. Die pragtig ontwerpte volblad-teksverse en volkleur-ontwerpe deur Amylee Weeks maak hierdie dagstukkieboek die ideale geskenk.

     

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel New Beginnings.

     

    Oor die outeur en ontwerper

    Carolyn Larsen is ’n skrywer, aktrise en ervare spreker met ’n Godgegewe passie om met vroue en kinders te werk. Sy het al by talle konferensies in Amerika, Kanada en Indië opgetree. Carolyn het al meer as 40 boeke vir kinders en volwassenes geskryf. Sy het al verskeie pryse daarvoor ontvang. Carolyn en haar man, Eric, woon in Glen Ellyn, Illinois. Hulle het drie volwasse kinders en is ook trotse grootouers.

     

    Amylee Weeks kom van Iowa in die VSA en is baie lief vir haar familie, haar Here en om kuns te skep. Nadat sy ’n graad in besigheidstudie behaal het, het sy haar hart gevolg en ingeskryf by die Art Institute in Pittsburgh.