N Dogter Se Droom (2 Marta Se Nalatenskap-Reeks)(Sagteband)

    N Dogter Se Droom (2 Marta Se Nalatenskap-Reeks)(Sagteband)

    Francine Rivers
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R149.96

    R119.97

    In die dramatiese tweede deel van die Marta se nala­tenskap-reeks, ’n Dogter se droom, sukkel Caro­lyn om aan te pas in haar veranderende wêreld. Met haar ma, Hildemara, wat in ’n sanatorium vir tuberku­lose-lyers is, ontwikkel Carolyn ’n beson­dere band met haar ouma Marta. Maar wanneer Hildemara terugkeer, begin die spanning tussen haar en Marta opbou en Carolyn bla­meer haarself daarvoor.

     

    Om universiteit toe te gaan bied vir Carolyn die ge­leent­heid om ’n bietjie weg te kruip, en ná ’n familie­tragedie verdwyn sy vir twee jaar.

     

    Wanneer sy later weer by haar familie uitkom, is dit net hulle wat haar kan help om haar lewe weer op te bou vir haar en haar dogter, May Flower Dawn. Maar die gekompliseerde verhouding tussen ouma, ma en kleindogter bring weereens ’n skeiding tussen die ver­skil­lende generasies.

     

    ’n Dogter se droom strek van die 1950’s tot in die hede en is die slot in die onvergeetlike familiesage oor die opofferings wat elke ma vir haar dogter maak en die aard van onvoor­waardelike liefde.