n Dieper Verhouding Met God (Hardeband)

    n Dieper Verhouding Met God (Hardeband)

    Trevor Hudson
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R119.95

    Neem praktiese stappe om jou verhouding met God te verdiep.

     

    Baie van ons wil graag ’n dieper verhouding met God hê. In hierdie boek, ’n Dieper verhouding met God, neem Trevor Hudson jou op ’n 40-dag reis wat gebaseer is op Jesus se eie woorde, soos hy dit tydens die bergrede in Matteus 6 uiteengesit het.

         Ons het ’n keuse of ons ’n verhouding met God wil hê of nie, maar die gevolge van ons keuse sal ’n ewigheid duur. Dit is Trevor Hudson se hoop en gebed dat ’n Dieper verhouding met God jou sal help om op hierdie uitnodiging te reageer en om praktiese stappe te neem om jou verhouding met jou Skepper te verdiep.

     

    Oor die Outeur

     

    Trevor Hudson is ’n Metodiste-predikant, en is tans ook betrokke by The Institute for Creative Conversations by die Northfield Metodiste-kerk in Suid-Afrika. Hudson beoefen ’n bediening van lering, die aanbied van lesings en die aanbied van naweekseminare regoor die land en ook internasionaal. Hy is die skrywer van verskeie boeke, waaronder Gebed om kalmte en Vrae wat God ons vra. Hy is getroud met Debbie en hulle het twee kinders.