n Bordjie Vergifnis En Ander Verhale (Sagteband)

    n Bordjie Vergifnis En Ander Verhale (Sagteband)

    Anzil Kulsen
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R120.00

    R96.00

    ’n Bordjie vergifnis en ander verhale is die produk van ’n kortverhaalkompetisie wat LAPA Uitgewers en Kuier geloods het. Lesers is aangemoedig om ’n kortverhaal met ’n Christelike en inspirerende strekking in te stuur.

         Bekendes soos Christo Davids, Denise Newman, Johrné van Huyssteen en Amy Kleynhans het elkeen ook ’n kortverhaal bygedra.

         Twee-en-twintig verhale is gekies uit meer as twee honderd inskrywings. Die wenner is Joanna Alexander, ’n onderwyseres van Bloemfontein. Haar storie, ’n Bordjie Vergifnis oor verwerping, verkeerde keuses en vergifnis is eenparig deur die beoordelaars as wenverhaal aangewys.

         Die meeste verhale is deur vroue geskryf en die meeste verhale vertel stories van inspirasie en hoop. Dis stories oor gewone mense wat ’n lewe vol swaarkry met hoop en humor aanpak en voluit leef.

         Elke storie in die bundel gaan beslis die leser laat met ’n glimlag en ’n gevoel van genoegdoening.