n Boodskap Van Hoop (Sagteband)

    n Boodskap Van Hoop (Sagteband)

    Karien Basson
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R199.94

    R159.95

    50 Suid-Afrikaanse sportsterre deel hulle hoop en drome vir Suid-Afrika en sy mense.

    Vir dekades al deel die mense van Suid-Afrika ’n passie vir sport. Maar wat ons regtig saamsnoer, is die Hoop wat in ons hart leef. Karien Basson bring hierdie twee eg Suid-Afrikaanse elemente saam in een inspirerende aanbieding.

    In ’n Boodskap van hoop deel 50 sportsterre, onder andere Duane Vermeulen, Eben Etzebeth, Marcell Coetzee, Cornal Hendricks, LJ van Zyl, JP Duminy en Maryka Holtzhausen wat die eintlike doel in hulle lewe is: om ’n lewe te leef wat God sal verheerlik. Hulle deel teksverse wat hulle na aan die hart lê, bied persoonlike boodskappe aan lesers en dra die hoop uit wat hulle vir Suid-Afrika en sy mense koester. Die boek word afgerond met foto’s uit die sterre se persoonlike foto-albums en interessante feite oor ’n verskeidenheid sportsoorte en sportgebeure. Dit is ook die ideale geskenk vir handtekeningversamelaars.

    ’n Boodskap van hoop is ’n versamelstuk vol hoop en bemoediging uit die hart van sommige van ons mees geliefde sportsterre.

    Ook beskikbaar in Engels met die titel A Message of Hope.

    Oor die skrywer

    Karien Basson is 'n gesertifiseerde Transformation Coach, NLP Life Coach, NLP Practitioner en Negative Emotional Therapy Practitioner. Ná tien jaar in die mediabedryf as joernalis en radio-aanbieder is sy 'n bekende stem op Tygerberg 104FM in die bekroonde program Vuurvas. Sy is ook genomineer vir die beste middag spitstyd-aanbieder in 2013. Karien is die wenner van die 2014 MTN Bright Star-toekenning en is saam met haar sportlees-spanmaats Arnold Geerdts en Anton Treurnich genomineer vir die beste sportprogram in 2014. Karien is 'n spreker en 'n skrywer, en het ook 'n blog met meer as 4000 lesers. Karien is verder Finesse se Vroue wat Glo-beweging se verteenwoordiger in die Wes-Kaap.