My Skuilplek (Hardeband)

    My Skuilplek (Hardeband)

    Catherine Groenewald
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R49.95

    R39.95

    Oud en jonk ken Psalm 91 as die psalm van beskerming. Hierdie pragtige herskryfde weergawe van hierdie geliefde psalm, My skuilplek, sal kinders help om die ware betekenis van die psalm te verstaan in taal wat hulle kan verstaan en waarmee hulle hulself kan vereenselwig.

         Elke geparafraseerde vers in My skuilplek is ook deur die skrywer van die oorvertelde Psalm 91, Catherine Groenewald, geïllustreer. Haar pragtige sketse sal die boodskap van elke vers by die jong leser tuisbring. Hierdie kleurryke illustrasies is op hoë-gehalte glanspapier gedruk.

         My skuilplek is gemik op jong kinders van vier tot agt jaar om hulle te leer en te herinner aan God se onfeilbare liefde en beskerming.

    Oor die Outeur

    Die skrywer en illustreerder van My skuilplek, Catherine Groenewald, is ’n bekende en bekroonde kinderboekkunstenaar. Haar passie is om te teken en stories te skryf wat kinders se harte sal aanraak. Sy bly saam met haar man en hul drie kinders op ’n kleinhoewe in die mooie Jonkershoekvallei by Stellenbosch.