My Prinses-Dagboek (Hardeband)

    My Prinses-Dagboek (Hardeband)

    Karen Whiting
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R199.94

    Laat die Koning van die heelal jou klein prinsessie elke dag lei.

    Klein dogtertjies is mal daaroor om hulle te verbeel hulle is prinsessies. Maar nou hoef hulle nie meer net te droom nie …

    My prinses-dagboek verseker dogtertjies dat hulle aan die almagtige Koning van die heelal behoort. Hul­le sal leer hoe lief God hulle het en wat Hy van sy kin­ders verwag.

    Elk van die 365 dagstukkies in kleurteks het ’n kort teks­vers (Koninklike woorde), ’n spesiale boodskap (Prinses-gedagtes), ’n gebed vir die Koning en ’n aktiwiteit wat aansluit by die dag se tema (Prinses in aksie). Daar is ook ’n Skrifindeks agter in die boek vir maklike naslaan.

    Jou klein prinsessie sal elke dag oor haar Koning wil lees en so leer om altyd te onthou dat sy ’n prinses is.

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel My Princess Devotions.

    Oor die outeur

    Karen Whiting is ’n spreker en outeur van 20 boeke. Sy het ook al honderde artikels en kort­verhale geskryf, onder andere vir Focus on the Family Magazine en Christian Parenting Today. Karen was ook betrokke by die vervaardiging van die opvoedkundige TV-reeks Puppets on Parade. Sy het ’n passie vir gesinne en wil hulle aanmoedig om voluit vir God te leef. Karen is ’n weduwee met vyf kinders en geniet haar kleinkinders baie.