My Prinses-Bybel (Kartonboekie)

    My Prinses-Bybel (Kartonboekie)

    Andy Holmes
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R179.95

    20 stories oor vroue in die Bybel wat vir dogtertjies wys wat dit beteken om God se prinses te wees.

     

    Daar is vir dogtertjies min dinge so lekker soos om prinses-prinses te speel! Elke dogtertjie is ’n prinses omdat God die koning is. God maak dogtertjies spe­siaal. Hy is die Vader in die hemel en het elke dog­tertjie onbeskryflik lief.

    My prinses-Bybel is 20 stories oor vroue in die Bybel wat vir elke klein dogtertjie sal wys wat dit beteken om waarlik ’n prinses te wees – God se prinses!

    Deur die lewens van vroue soos Sara, Mirjam, Rut en Elisabet sal dogtertjies belangrike waardes leer soos om hul gesinne lief te hê, beloftes te hou en gaaf te wees teenoor ander.

    Met hierdie pragtige prinses-boek sal klein dog­ter­tjies ontdek hoe onvoorwaardelik lief die Koning elkeen van hulle het.

     

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel My Princess Bible.

     

    Oor die outeur

     

    Andy Holmes is ’n outeur en liedjieskrywer wat ook graag optree by geleenthede. Hy is 'n kon­fe­ren­sie­spreker, onderwyser en leier van verskeie werkswinkels oor die hele Amerika heen. Andy het al op The 700 Club en verskeie ander geselsradio- en TV-programme verskyn. Hy is die outeur van verskeie kinderboeke. Hy is ook die skepper en stem van die Gerbert-marionet. Andy en Gerbert het al meer as 50 TV-programme en video's gemaak. Andy is getroud met Wendy en het drie kinders. Hulle bly in Texas