My Lullabybel (Kartonboekie)

    My Lullabybel (Kartonboekie)

    Alette-Johanni Winckler
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R229.95

    24 pragtige wiegeliedjies vir daardie koester-oomblikke voor slaaptyd.

     

    Die 24 pragtige wiegeliedjies in Aletté-Johanni se My LullaBybel is ideaal vir ouer en kind vir daardie koester-oomblikke voor slaaptyd. Die bekoorlike vol­kleur-illustrasies sal klein ogies betower voor hulle toeval terwyl Mamma of Pappa die rit­miese wiege­liedjies voorlees om hul­le aan die slaap te sus.

    Elke liedjie het ’n gebed en ’n Bybelvers wat ouers sal aanspoor en bemoedig in hulle kos­bare taak om kinders groot te maak.

    ’n Besonderse bonus is die gratis CD, vervaardig deur Heinz Winckler, met vyf oor­spronklike liedjies gesing deur Aletté-Johanni en Sumari Schoeman. Dit sal ver­seker diep in kinders en ouers se harte inkruip.

     

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel My LullaBible

     

    Oor die outeur en vervaardiger

    Aletté-Johanni Winckler het ’n graad in joernalistiek en skryf gewilde blogs vir Sarie se webblad. Sy is ’n gekwalifiseerde voorkoms­konsultant en het ’n suksesvolle besigheid waarin sy mense help om die beste in hulleself na vore te bring. Deur haar werk staan sy ook tydskrifte soos Huisgenoot, Lig en Sarie by vir die stilering van hul fotosessies. Haar eerste liefde is God, en dan haar man, Heinz, en hul seuntjies.

     

    Heinz Winckler, Suid-Afrika se eerste Idols-wenner in 2002, het al ses van sy eie albums vrygestel en spog met ’n Platinum- en Goue toekenning. Hy het al agt albums vervaardig vir opkomende kunstenaars wat hy deur sy werkswinkel vir aspirantsangers ontmoet het. In April/Mei 2013 het hy die rol van Jesus vertolk in die baie suksesvolle Jesus – Die Musiekblyspel.